Hoe het Vastrap Caravan bestaan?
Mnr. Johan Hendrikz het vir hom 'n Woonwa gekoop en met die eerste kamp by Sodwanabaai het die karavaan se Voetjies in die grond in gesak en die plastiek voetjies het begin buig en breek. In minder as 'n maand was die eerste twee plastiek voetjies af. Mnr. Hendrikz het toe begin dink aan 'n oplossing vir die probleem. Met meer as 25 jaar se ondervinding van model vervaardiging was dit vir hom moontlik om sy eie unike Aluminium voetjies met 'n groter oppervlakte te vervaardig. Hy het begin mark navorssing doen en gesien dat daar 'n groot aanvraag vir sy produk is. Met die tyd het die ontwikkeling van ander produkte soos die Valk trappies,die Hoogteblokke, die Jockey Voetjie, Inklim Woonwa trap, die Aluminium Vaskap Hammer, die Stop Blokke en die Tent paal Stut Voetjie begin. Hy is tans besig met nog idees om die kamp lewe te ver gemaklik.
Wat is Vastrap Caravan se Visie?
Vergemaklik dit vir die kampeerder met die produkte en voorkoming dat u woonwa se as skeef terk as gevolg van 'n ongelyke kampeerterein.
Wat is Vastrap Caravan se Missie?
Om die produkte landweid te versprei en om elke kampeerder aan die produk voor te stel.
Vergemakliking van kampeering vir die kampeerder.
